This is the Trace Id: 4a4b026170886bf2812fa3c4b732eca1
Slaan oor na hoofinhoud Azure Copilot Windows Surface Xbox Outlook Accessories Microsoft AI Microsoft Security Azure Dynamics 365 Microsoft 365 for business Microsoft Power Platform Windows 365 Developer Center Documentation Microsoft Learn Microsoft Tech Community Microsoft Marketplace AppSource Visual Studio View Sitemap

Microsoft Office Skermwenktaal

Gebruik Skermwenkvertalings om die teks van skermelemente – soos knoppies, kieslyste en dialoogblokkies – in 'n ander taal te vertoon.

Belangrik! Deur ’n taal hieronder te kies, sal die volledige bladsyinhoud dinamies na daardie taal verander.

  • Weergawe:

    1.0

    Datum gepubliseer:

    2020-09-15

    Lêernaam:

    screentiplanguage_af-za_32bit.exe

    screentiplanguage_af-za_64bit.exe

    Lêergrootte:

    1.5 MB

    1.4 MB

    Verander die Skermwenktaal om vertalings van skermelemente – soos knoppies, kieslyste en dialoogblokkies – in 'n ander taal te vertoon en om gebruikers te help om deur geïnstalleerde Microsoft Office-toepassings te navigeer wat in 'n taal is wat hulle nie verstaan nie.


    'n Paar gebruikscenarios is:
    • Tweetalige en veeltalige taalbystand
    • Hulpingenieurs kan ondersteuning bied vir tale wat hulle nie verstaan nie
    • Gebruikers wat Office tydelik in 'n ander taal of vir 'n kort tydperk gebruik (Swerwingsgebruikers)
    • Gedeelde rekenaartaalgebruik
  • Ondersteunde bedryfstelsels

    Windows 7, Windows 8 Release Preview

    • Ondersteunde Microsoft Office-toepassings:
        Microsoft Office Word 2013, Microsoft Office Excel 2013, Microsoft Office Outlook 2013, Microsoft Office PowerPoint 2013, Microsoft Office OneNote 2013, Microsoft Office Visio 2013, Microsoft Office Publisher 2013
    • Sagteware vereis:
        Oos-Asiatiese en Komplekse Skrip-tale kan vereis dat ondersteuningslêers geïnstalleer moet wees. Dit kan deur die Beheerpaneel in ‘Streeks- en Taalopsies’ gedoen word.
  • Hoe om hierdie aflaai te installeer:
    1. Kliek die Aflaai-knoppie op hierdie blad om te begin.
    2. Doen een van die volgende:
      • Om die installasie dadelik te begin, kliek Laat loop.
      • Om die aflaai vir 'n latere geleentheid op jou rekenaar te stoor, kliek Stoor.
      • Om die installasie te kanselleer, kliek Kanselleer.

    Hoe om die Skermwenktaal af te skakel of te verander:
    1. Kliek op die Office-lêerknoppie, kies Opsies, kies Taal en stel die Skermwenktaal na 'Pas by Skermtaal'.

    Hoe om hierdie aflaai te verwyder:
    1. Gaan vanuit die Begin-kieslys na die Beheerpaneel.
    2. Dubbelkliek Aanvul/Verwyder programme.
    3. In die lys van huidig-geïnstalleerde programme, kies Microsoft Office-skermwenktaal en kliek dan Verwyder of Aanvul/Verwyder. Indien 'n dialoogblokkie verskyn, volg die instruksies om die program te verwyder.
    4. Kliek Ja of Goed om te bevestig dat u die program wil verwyder.